|
altyd * nooit...nie (always * never) |
• Ek werk altyd tot 5 uur. • Ek sal nooit NEE sê nie. |
|
dadelik (immediately) |
• Ek wil dadelik met die baas praat. |
|
later * vroeër (later * earlier) |
• Ek kan nie nou kom nie, ek sal later kom. • Ek was vroeër hier. |
|
verlede week * volgende week (last week * next week) |
• Verlede week was ek in Europa. • Die baas sal jou volgende week sien. |
|
elke week (every week) |
• Ons kan elke week tennis speel. |
|
gewoonlik (usually) |
• Ek werk gewoonlik laat op Dinsdae. |
|
gelede (ago) |
• Tien jaar gelede was ek in die hospitaal met kanker. |
|
gereeld * soms (often * sometimes) |
• Ek borsel gereeld my tande. • Ek het soms 'n hoofpyn. |
|
dikwels * selde (frequently * seldom) |
• Sandy kom dikwels laat. • Die baas kom selde na ons kantoor toe. |
|
gedurig (constantly) |
• Hy pla my gedurig oor die ekstra geld in die bank. |
|
onlangs * binnekort (recently * soon) |
• My broer het onlangs Pa geword. • Die nuwe winkelsentrum sal binnekort open. |
|
skielik (suddenly) |
• Die jong meisie het skielik flou geword |