hidden hit counter

WEBWERF MISSIE

WEBSITE MISSION

Die missie van hierdie webwerf is om kosteloos die beste moontlike Afrikaans onderrig aan die internasionale gemeenskap te bied.

Die visie is om bydraes van moedertaalsprekeres aan te bied (gedigte, stories, sang, humor, ens.) asook die aanbieding van uitstekende onderrig materiaal en tegnieke sodat die leerder die taal kan ervaar en leer soos dit gepraat word.

Die hoop is dat leerders en sprekers beide welkom op die webwerf sal voel en betrokke sal wees om onder meer die volgende te bewerkstellig:
* sprekers help leerders
* meedeling van ervaringe met en binne die kultuur en die taal
* bou van internasionale vriendskappe rondom die taal

Die lang termyn doel is om in die behoeftes van die volgende leerders te voorsien:
* skoolkinders met 'n oppervlakkige taal en kultuur belang
* volwasse leerders oos kollege studente
* groepe met 'n spesifieke belang om die taal te leer

Laastens, die webwerf streef daarna om die Afrikaanse klank van al sy sprekers te bied. Indien daar nie genoeg van enige streek of groep hier verteenwoordig is nie, is dit so omdat die materiaal nog nie beskikbaar is nie. Geen voorkeur word gegee aan 'n persoon of persone as gevolg van hulle ras, godsdiens, streek van herkoms nie. Nuwe bydraes word altyd verwelkom (geskrewe, klank, en video). Selfs kontroversiƫle stukke mag geplaas word, solank die gepas is vir 'n kindergehoor, m.a.w. inhoud met die uitbeelding van geweld, haatspraak, vloektaal, of benede die belt geselsies word afgekeur.
 

The mission of this website is to offer the best possible Afrikaans instruction for free to the international community.

The vision is to offer the contributions of mother tongue speakers (poems, stories, songs, humor, etc.) as well as offering of superb instructional material and techniques so that the learner may experience and learn the language as spoken.

The hope is that learners and speakers will both feel welcome on the website en will be involved to accomplish the following:
* speakers help learners
* sharing of experiences with and in the culture and language
* building of international frienships around the language

The long term goal is to address the needs of the following learners:
* school children with a superficial interest in the language and culture
* adult learners like college students
* groups with a specific interest in learning the language

Lastly, this website aims to offer the sound of all its speakers. Should there not be adequate content from any region or group, it is so because apropriate material has not yet been found. No preference will be given to any person or persons because of their race, religion, or region of origin. New contributions will always be welcomed (written, sound, or video). Even controversial pieces may be placed, as long as it is suitable for a younger audience. In other words, content depicting violence, hate speech, vulgar language, or below the belt talk will be rejected.