| HET EK JOU VERLOOR | |
| Het ek jou verloor in die vraag wat jy nooit gevra het nie? Het ek jou verloor in die antwoord wat ek nooit verskaf het nie? Het ek jou verloor in die oomblikke van stilte, wens, begeer en vrees? Het ek jou verloor in dubbelsinnige boodskappe gestuur op papier? Het ek jou verloor aan iemand wat nie bestaan? Het ek te gou moed opgegee, myself versoen met die gedagte dat jy nooit myne sal wees? Dra jy woorde op jou lippe wat betekenis verloor, sodra jy dit wil sê? Het ek te veel, te min, te hard, te sag, te stadig, te vinnig gepraat - het ek jou verloor? |
Did I lose you in the question you never dared to ask? Did I lose you in the answer I never dared to give? Did I lose you in the moments of silence, wishes, desire and fear? Did I lose you in ambiguous messages sent on paper? Did I lose you to somebody who never existed? Did I too soon surrender my hope, and accept the thought that you’ll never be mine? Do you harbour words on your lips that lose their meaning, as soon as they’re about to be said? Did I talk too much, too little, too loud, too soft, too slow, too fast – did I lose you? |